TRAFFIC Gauteng

SOS Joernalis en Kommunikasiespesialis

Solidariteit Beweging

Job Description

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk daaraan om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker - deur bestaande gehalte onderrig te beskerm én nuwe, volhoubare onderwysinisiatiewe te bou. Ons is op soek na 'n dinamiese Joernalis en Kommunikasiespesialis om by ons span aan te sluit.

Die doel van die pos is om ondersteuning te lewer aan die SOS deur middel van mediaverklarings, verslaglewering, organisering van media veldtogte en -konferensies.

POSVEREISTES Kwalifikasies:
  • 'n Relevante kwalifikasie binne ʼn kommunikasie- of media-omgewing (NKR 7).
  • 'n Nagraadse kwalifikasie sal in jou guns tel.
Ervaring en/of kennis van die volgende:
  • Goeie begrip van die mediawêreld, die vermoë om nuus te identifiseer en sterk mediaverklarings te skryf.
  • Ervaring in die bestuur van 'n handelsmerk se aanlyn-teenwoordigheid en sigbaarheid is noodsaaklik.
  • Joernalistieke ervaring, kennis van podsendings, skryf van advertensies, artikels en blogs.
  • Ondervinding in webontwikkeling en basiese videoredigering word as 'n bykomende bate beskou.
  • Kennis van die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap is 'n aanbeveling.
VERANTWOORDELIKHEDE Kommunikasie en publikasie
  • Identifiseer deurlopend nuuswaardige onderwerpe en skryf toepaslike mediaverklarings of blogs.
  • Stel gereelde digitale nuusbriewe saam.
  • Beplan en koördineer advertensieveldtogte in gedrukte en digitale publikasies.
  • Skryf promosie-artikels om die SOS se dienste en produkte te bevorder.
Media en sosiale media
  • Beplan en bestuur mediaveldtogte en -verklarings vir die bekendstelling van SOS-verslae.
  • Ontwikkel en implementeer 'n sosiale media-strategie in lyn met SOS se bemarkingsdoelwitte.
  • Skakel met die media en fasiliteer onderhoude met SOS-verteenwoordigers.
Navorsing en verslagdoening
  • Doen navorsing oor tendense en kwessies in die onderwyslandskap.
  • Monitor en rapporteer oor mediablootstelling.
  • Skryf mediaverklarings en inhoud oor onderwysverwante gebeure.
  • Ondersteun die span met videoredigering, fotografie, infografika en taalversorging.
Bemarking en tegniese ondersteuning
  • Ontwerp bemarkingsmateriaal vir sosiale media, die webwerf en video's.
  • Hanteer gereelde e-poskommunikasie aan lede.
  • Help met die outomatisering van bemarkingsboodskappe en aansluitings.
  • Bestuur die korporatiewe identiteit van die SOS.
  • Dien as webmeester vir die SOS-webwerf, insluitend ontwerp, inhoudskepping en onderhoud.
VAARDIGHEDE
  • Uitstekende skryf- en kommunikasievaardigheid.
  • Kreatiewe denke en sterk navorsingsvermoë.
  • Rekenaarvaardigheid en kennis van Mailchimp of soortgelyke CRM-stelsels.
  • Bestaande joernalistieke netwerke en mediaverhoudinge.
  • Verslagdoeningsvaardighede.
  • Noukeurigheid en deeglike werkswyse.

About This Role

Career insights for Healthcare Social Workers positions

Salary Benchmark
R20,155/month
R14,627 to R27,065/month
Source: WageIndicator ZAR data
Job Outlook
This career will grow rapidly in the next few years.
Key Skills for This Role
Social Perceptiveness Service Orientation Speaking Active Listening Coordination
Common Technologies
Healthcare common procedure coding system HCPCS Medical procedure coding software Medical records software Google Meet Zoom Command Systems ComServe Database software Relational database software

Job Overview

Date Posted
07 May 2026
Location
Gauteng, South Africa

Healthcare Social Workers Insights

Median Salary (ZAR)
R20,155/month
Job Outlook
This career will grow rapidly in the next few years.

Similar Opportunities

This page incorporates data from O_NET OnLine, courtesy of the U.S. Department of Labor, Employment and Training Administration (USDOL/ETA), under the CC BY 4.0 license. O_NET is a registered trademark of USDOL/ETA. Assessify has adapted and modified the original content. Please note that USDOL/ETA has neither reviewed nor endorsed these changes.