JUNIOR REKENMEESTER
Job Description
Residentia is 'n nie-winsgewende organisasie in die versorgings- en aftree-oordbedryf met dertien skemas regoor Suid-Afrika. Ons nooi 'n gekwalifiseerde en ervare Junior Rekenmeester om by ons dinamiese finansiële span aan te sluit.
RESIDENTIA ADMIN BURO (PRETORIA-NOORD)
PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE:
- Voorbereiding en hersiening van finansiële state, balansstate en verslagdoening.
- Bestuur van debiteure, krediteure en bankstate.
- Hantering van maand- en jaar-einde sluitingsprosesse.
- Ontwikkeling en implementering van interne kontroles.
- Bystand met begrotingsvoorbereiding en finansiële beplanning.
- Balansstaat-rekonsiliasies.
- Samewerking met interne en eksterne ouditprosesse.
- Opleiding en ondersteuning van boekhouers en administratiewe personeel.
- Sterk organisatoriese en tydsbestuursvermoëns.
VEREISTES:
- Graad of Diploma in Rekenmeesterswese, Finansies of 'n verwante veld.
- Minimum 3-5 jaar relevante ervaring in 'n finansiële omgewing.
- Ervaring met boekhoudkundige sagteware (bv. Pastel Partner).
- Sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede.
- Uitstekende kommunikasievaardighede, met die vermoë om finansiële inligting duidelik aan nie-finansiële rolspelers oor te dra.
AANSOEKPROSES:
Stuur u CV en motiveringsbrief aan Dianri Britz via epos na voor of op 27 Februarie 2026.
Slegs gekwalifiseerde kandidate sal gekontak word vir 'n onderhoud.
Indien u nie binne sewe (7) dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.