TRAFFIC Western Cape

Senior subredakteur

Media24
South African Rand . ZAR 200,000 - 300,000

Job Description

Media24 Afrikaanse Nuus het 'n pos vir 'n senior subredakteur in die Netwerk24-kantoor in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria of Bloemfontein.

Verantwoordelikhede sluit in:
  • Redigeer van kopie, met genoegsame kennis om dit op 'n sinvolle wyse te herskryf en te verkort, indien nodig;
  • Kontroleer korrektheid van feite, spelling en grammatika;
  • Skryf goeie byskrifte en opskrifte wat sowel die aandag trek as taalkundig en feitelik korrek is;
  • Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref;
  • Skakel met ander subredakteurs, verslaggewers, nuus- en tuisbladredakteurs om vloei en gehalte van nuusberigte te verseker; en
  • Bly ingelig oor die jongste taalreëls soos in die taalstylgidse vervat.
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, tale, kommunikasie, mediastudies of die geesteswetenskappe;
  • Uitstekende taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en ervaring in 'n digitale nuusomgewing;
  • Agt tot tien jaar toepaslike joernalistieke ervaring sal 'n sterk aanbeveling wees;
  • 'n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus en aktuele sake;
  • 'n Uitgebreide algemene kennis;
  • Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook in 'n span kan saamwerk;
  • Moet vinnig en akkuraat onder druk kan werk.
  • Ingesteldeheid op gehalte
  • Goeie besluitnemingsvermoë
  • Moet bereid wees om ongereelde ure te werk, insluitend oggend-en aandskofte, openbare vakansiedae en naweke;
  • Moet beskik oor internettoegang.

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.

Job Overview

Date Posted
14 Feb 2026
Salary
South African Rand . ZAR 200,000 - 300,000
Location
Western Cape, South Africa

Similar Opportunities

This page incorporates data from O_NET OnLine, courtesy of the U.S. Department of Labor, Employment and Training Administration (USDOL/ETA), under the CC BY 4.0 license. O_NET is a registered trademark of USDOL/ETA. Assessify has adapted and modified the original content. Please note that USDOL/ETA has neither reviewed nor endorsed these changes.